Gratis Musiek!!!

RIP (TOAST vir julle Mac mense) my musiek… en stil jou gewete!

Kliek hier vir 'n lys van beskikbare tiltels

Maak toe

Sunieda - Sunieda [2007]



- 1. In 'n Woord 3:40
- 2. Cheng shi tong hua 2:57
3. Eiland 2:44
- 4. Pa sê Pa sal 3:08
- 5. Wie bly hier? 3:55
- 6. Iets het verander 3:31
- 7. Nerf-af 3:27
8. 月亮代表我的心 (As jy wonder of ek jou lief het) 2:54
- 9. Sy 3:59
- 10. Fa la la la baba 2:57
- 11. Moenie my laat wag nie 2:29
- 12. 給你的歌 - Ge ni de ge 4:18
- 13. Skatjie 3:06
14. Laksman 2:44

Jy sal 'n musiekspeler nodig hê wat .m4a lêrs kan lees soos iTunes, Winamp of foobar2k. Regs kliek op die ikoon aan die linkerkant van die titel en kies 'Save target as' (IE) / 'Save link as' (Mozilla/FF) om die liedjie na jou rekenaar af te laai.

Ek glo jy't kom kuier omdat jy van musiek hou... en daar loop jy jou vas in Afrikaanse lirieke wat soos wafferse skerpskutters op jou niksvermoedende binnekant aanlê. Terwyl jy luister vertel ek jou die storie agter hierdie debuut-CD van my.

Die musiek het begin as sulke kort, verdwaalde nootjies op 'n klavier. Hoe hulle gegroei en blinkgevryf is, klink vir my nou soos 'n feëverhaal – reg uit die wêreld van kabouters en kleurryke paddastoele en sneeu. Vir langer as vier jaar is die melodieë verfyn en verwerk om die liedjies te word wat jy vandag kan luister. Elke liedjie het vir my soos 'n kind geword met sy eie gelaatstrekke en koppigheid – en sy eie stil skeppingsoomblikke.

Toe het die instrumente gekom en elke lyntjie het musiek geword – lekker verby! Van ons land se voorste musikante het gesorg dat die note ge-oefen is tot perfekte klanke.

Ek sal nie die môre vergeet toe die tjello en die harp ingedra is en daardie warm, wollerige note op my traankliere gaan sit het en die harp se helder klokkies wat gelui het soos toe ek die eerste keer vir ‘n ou geloer het…

In Swede het die meesters gesorg dat elke woord en klankie so duidelik moontlik deur jou ipod se oorfone, in jou kop in kan speel.

En dis mos waarvoor mense musiek maak – om gehoor te kan word. En dit kos geld, elke nootjie het sy prys gehad. Ek het so vinnig somme gemaak: Elke melodienoot wat jy hoor, het my so ongeveer R275.00 gekos. Nie veel nie, behalwe dat daar digby 900 van hulle op hierdie CD is.

Nou het ek so gedink, kom ek nooi jou om my liedjies af te laai. Ja! Deel my musiek met almal rondom jou en ek belowe ek sal dit nie teen jou hou as jy vir een tiende van ‘n noot betaal nie. Sit R20 oor na my bankrekening toe.

As jy so gelukkig is om alreeds ‘n kopie van die CD te hê, het ek nog ‘n voorstel: Toast ‘n kopie vir almal wat jy ken. Dan maak jy met jou gewete reg deur R20 in my bankrekening in te betaal. Die spaarrekening is by ABSA, en die nommer is 62 939 2599, onder name S. de Beer. Dink daaraan, dis een ding minder waaroor jy hoef sleg te voel en ek kan vir die bankbestuurder smile sonder dat hy dink ek het koliekkrampe...

Mooiloop – moenie te lank wegbly nie – ek gaan jou mis en my liedjies gaan jou loop en koggel, hulle gaan aan jou klou soos nete aan 'n haar.

Sunieda