Welkom

...by sunieda se tuiste op die wêreld wye web

Maak gerus gereeld 'n draai om op hoogte te bly met Sunieda se doen en late, en moenie vergeet om na Sunieda se spoegblok te gaan kyk nie... want hier sê 'Die Rooi Draak' haar sê. Daar's allerhande interessante dinge op die webblad so gebruik gerus die skakels aan die bokant van die bladsy om bietjie te verken. Wie weet? Dalk vind jy onnoembare skatte...

Aangaande Sunieda

Vir die wat haar nie ken nie, Sunieda het hier in Suid-Afrika al opgetree saam met meesters soos Gys de Villiers, Elize Cawood, Jannie du Toit en Christa Steyn. Toe sy in 2001 as lid van Cutt Glas deur Sjina getoer het, het hulle vreemde prentjietaal haar finaal in sy sak gekry, en sy het besluit om nader te gaan kennis maak, dié keer in Taiwan. As musiekvervaardiger by die HESS Educational Organization moes sy musiek vir klein 3-jarige dop-emmertjies skep. Na die derde of vierde komposisie met as tema, "Watse kleur is dit?" – het sy begin verder kyk. 'n Verblyf in Taiwan gee mens baie dinktyd – tyd om die gedagtes in jou kop lyf en naam te gee. Van die klein-mens liedjies af het die grootmens dinge self kom vra om gesing te word, en toe die hek eers oop is, toe stroom die idees! Nou is daar van die mooiste Afrikaanse luisterlied-musiek beskikbaar – met 'n effens Mandarynse kyk op mens-wees.